Hoëveld Voëlklub
Ons is dié Voëlklub in Mpumalanga
vir die bevordering van voëlliefhebbers
en voëltelers se belange.
Ons kom gereeld bymekaar
vir 'n kuier en 'n braai
en dan gesels ons net vere.
Kontak ons gerus as jy belangstel om ons voël veiling in Middelburg by te woon.
Ons klub bestaan tans
uit 5 aktiewe lede waarvan
almal geaffilieer is by PVSA.
Ons klublede ondersteun mekaar met raad en bystand. Ons gesels gereeld oor hokke, voëlkos, broei gewoontes en koop en verkoop van voëls.
Dit bereik natuurlik die hoogtepunt met die jaarlikse groot voëlveiling.
Raad en bystand
As 'n PVSA lid ontvang jy jou unieke telerskode wat op jou ringe aangebring word om jou voëls hul lewe lank te identifiseer.
Die PVSA hou jou ook voortdurend op hoogte van verwikkelinge deur die PVSA se nuusbrief, Fokus, en die wedblad.
PVSA
Ons gesels gereeld oor die gesondheid van ons voëls, watter kos om te gebruik, hoe om praktiese hokke te bou en raad rondom broeiseisoen.